Project Description

Stuart het soortvan net gebeur. Uit die middel van nêrens. Ek het advertensies gemaak vir Old Gaol Restaurant en het soos ‘n seuntjie begin raak, ek wou nie net jou “norm” volg nie, want humor maak alles bietjie beter. Dit het begin by ‘n paar “puns” verskoon die engels. En toe later gegroei tot ‘n karakter wat met tyd “lewendig” geword het deur middel van animasie.

Ja… Ek “speel” Stuart… En nee ek krap nie in my neus om by die “wit” van die advertensies uit te kom nie. Ek gaan gewoonlik met die eerste ding wat in my kop op duik en verwerk dit totdat ek iets kry wat bruikbaar is.