Project Description

Mathys Roets by die Teatro at ten on Main

Mathys Roets het geen bekendstelling nodig nie, hy is een van die afrikaanse musikant legendes. Hy gaan gereeld op toer met sy eie toerusting en weet presies wat hy wil hoor na jare en jare se optredes.

Hy het nie net tuis gevoel nie, maar hy was meer as te vrede met die hoë kwaliteit van die klank en die klank ingeneur. Hy het genoem dat dit meer as net ‘n duur sisteem vat om goed te klink, mens kort iemand wat tegniese vaardighede het en net so belangrik, ‘n oor het om te luister. Ons het na sy klank toets vir lank gesels oor toerusting en hoe die tegnologie verander het. Hy wou die sisteem in dele hoor en was BAIE te vrede met hoe die sisteem opgestel.

Dit is altyd ‘n eer en ‘n groot voorreg om saam met kunstenaars soos Mathys te werk wat meeste klank ingeneurs op hulle tone hou omdat hy weet waarvan hy praat en presies weet waarvan hy hou.

Meeste mense dink dat die klanktoets tydperk net vir ‘n uur loop waar die kunstenaar vir die klank persoon sê wat hulle vereis of wil hoor. Ek vat die tyd wat ek by die klanktoets het om nie net die kunstenaar se klank behoeftes te vol doen nie, maar gebruik die tyd om ook ‘n konneksie te vorm. ‘n Woordlose konneksie, om die kunstenaar te lees op die verhoog. Om te kan sien wanneer iets pla of wanneer ek die klank effekte bietjie kan ry om hulle as te ware te ondersteun op die verhoog om die kykers op ‘n reis te neem deur hulle musiek en stories.