Project Description

Arno Mocke Onbekende Wildedier

Die Storie

Ek het die liedjie geskryf nadat ek geluister het na ‘n storie. Die storie was belangrik, maar daar was iets anders wat gemaak het dat ek die woorde skryf. Die persoon wat die storie vertel het… Daar was iets diep.. So opreg… Ek kon deur haar sien… Haar hartklop het ek verstaan…

Die liedjie beteken toe eintlik baie meer as net die storie… Dit raak ‘n simbool van ons almal het hierdie onbekende wildedier in ons lewens. Partykeer is dit ‘n slegte verhouding, slegte werksomstandighede, siekte, dood, of sommer net sonde. Dit probeer jou vernietig. Dit sê vir jou dat jy is alleen. Jy is nie goed genoeg nie, nie mooi genoeg nie, nie talentvol genoeg nie, nie ryk genoeg of belangrik genoeg nie, of watokal dit is. Jy weet presies wat ek sê, want jou onbekende wildedier los spore.

Die teen deel van dit is. Genade… Liefde… Huis… Daar waar jy vrede kan vind sonder pretensie, daar waar jy jou skoene kan uitskop en kan wees. Dis al wat ons is… Dis al wat ons het… Ons Wese…

Dit is die hart wat ek gesien het, skoon, opreg met tonne omgee.