Wynand Olivier

Testimonial

Dit was ‘n gewone dag in ‘n gewone klein dorpie in die Overberg. Ek ontmoet vir Arno, die skaam en stil (amper verwarde) nuweling op die dorp. Sy ouers is wel bekend aan my en ek het gehoor hy kom dorp toe en hier sit hy voor my, kop omlaag en hy kyk skaars vir my terwyl hy praat.

Ilze vertel dat hy werklik goed is met rekenaars, animasie, klank, musiek en en en, maar ek moet bieg ek het nie werklik klaar geluister nie. My vooroordeel, soos wat die gewoonte van Swellendam is, het die oorhand gekry. Stil wonder ek wat ek nou moet doen, want al kan hy alles doen, liewe ouers ek werk eerstens met ‘n persoonlikheid…en so het dit begin met ‘n koppie koffie.

Nou kan ek net lag en met sekerheid “brag” dat ons vriende is en dat Arno een van die talentvolste mense is wie ek ken of ontmoet het. Sy humor, sy spitsvondigheid, sy erns en verstaan van sy werk maak dat ek net lag vir my eers ongegronde vooroordeel. En ja sy persoonlikheid en karakter is sterk, onbetwyfeld. Dankie vir jou eerlikheid, werksetiek en omgee vir elke projek waarmee jy werk.

Try hom asb, gee hom die kans en ruimte om kreatief te wees en ek belowe jou, jy gaan verstom staan…

-Wynand Olivier